Crossroads
Eenvoud, armoe, beeld in kryt
die crossroads langs die weg
verdag van opstand en van stryd
gereed vir aanslag en geveg
In jou ongekompliseerde skoot
dwaal kaalvoet kinders rond
vir galg en rad word hulle groot
vertrap tot diep in moddergrond
En by die naambord lê verban
geskroeide lyke - golgota -
omarm deur motorband, 'n kind en man
want hulle durf vir vrede vra
Maar ver bo waar die aasvoëls sweef
troon Heer en Meester van die land
Hy wend en keer en vat en geef
die eeu'ge lot ontval Sy hand
(uit: Vreemdeling in een Vaderland: memoires uit Zuid-Afrika 1971-1994)