Pretoria 20 Mei 1983
Kerkstraat teen die westekant
by lugmag hoofkwartier
die klok op kerkplein slaan 'n slag
die diens voltooi oor 'n kwart-uur
Die tik van die horlosie-stap
word wreed versteur deur luide klap
vulkaan spu vlamme en skrapnel
wat sny en brand en krap
'n hand
'n voet
verminkte lyk
gebrand
verskroei
'n lewe wyk
chaos, angs
paniek breek uit
sirenes loei
die nuus verdwaas
die luisteraars
Die lugmag-blou in brandswart kool
kleef ééngesmelt aan blanke huid.
die blondwit europeese hoof
vermink deur swart terreur
is ru van lewensvreug beroof.
glassplinters dryf in bloed-aanklg
van ongekende helde-dag
Pretoria sink kwaad, verag
weg in 'n spanningsvolle nag...
(Uit: Vreemdeling in een Vaderland: memoires uit Zuid-Afika 1971-1994)