O kaap van storms jou bakens het
my veilig langs jou wrede kus gelei
jou woeste see kan nimmermeer
my reis verbrysel in jou kille weer
ek voel die hartslag van jou branding
nog voor ek suid jou punt bereik
en selfs wanneer jou tafel ook
gedek is met 'n wolke-kleed
dan weet ek in jou boesem leef
'n volk van oral oor gevorm
wat in jou skoot
hul lotbestemming het gevind