Wie het dit aan jou gedoen?
'n Traan loop oor jou wang.
Ek kan nie onthou,
of ek jou al ooit so gesien het nie.
Jy is pragtig, jou oë is betowerend.
Ek wil jou so graag help,
en jou liefde gee.
Ons maak so 'n mooi paartjie,
ek wil jou nie verloor nie.
Laat my die muur afbreek,
die muur wat jy gebou het.
Iemand het jou seer gemaak,
maar die lewe gaan aan.
Jy sê jy is gelukkig,
maar ek kan dit nie glo nie.
Wie het jou so seer gemaak?
Wie het dit aan jou gedoen?
Jou hande voel koud,
en jou oë bly gesluit.
Gee my 'n antwoord, my lief,
asseblief antwoord my.
Asseblief,
asseblief...
13 januari 2004
Irdana: | Vrijdag, februari 13, 2004 10:43 |
mooi dat je zo'n gedicht neer kan zetten .vind het knap.in een woord prachtig | |
Quo Vadis?: | Vrijdag, februari 13, 2004 07:53 |
Baje baje mooi... ;o)x |
|
arie: | Vrijdag, februari 13, 2004 05:07 |
suchie... zelfs in het zuidafrikaans zijn jouw woorden wonderwel te verstaan Ron. Liefs, Arie |
|
Auteur: Ron de Leeuw, Cave Canem | ||
Gecontroleerd door: christina | ||
Gepubliceerd op: 13 februari 2004 | ||
Thema's: |