Ek sweef deur die eter na jou
en flimmer liggies op jou skerm
ek wil sing en fluister
gelyktydig
van wye ooptes
son
sneeu
windverwaaide vlaktes
berge
plekke waar ek eens was
nog wil wees
nog is
die suising van die hard drive voer my heen
na nuwe horisonne waar jy sit of staan of sweef