Ooit word die stryd vir vryheid uitgewis
want uit die leed kom eendag voort
'n waarheid wat nou duister is
dat almal tot een volk behoort.
Die vuur en bloed en trane wat
steeds onophoudelik bly verskyn,
en uitgebeeld op elke blad
sal eendag in geskied verdwyn.
Laat hande swart en bruin en wit
en voete ritmies in gelid
gesamentlik vir vrede bid
Tog lĂȘ 'n lang pad nou nog voor
waarna die volk as eenheidskoor
'n lied van vrede sal laat hoor.
(Uit: Vreemdeling in een Vaderland: memoires uit Zuid Afrika 1971-1994)